- Tuis
- Webwerf-ontwerp
Webwerf-ontwerp vir besighede in Centurion en Pretoria
Pasgemaakte, vinnige webwerwe wat op ’n foon net so goed werk as op ’n rekenaar. Jy praat met my van die eerste oproep tot die dag wat jou werf aanlyn gaan, en daarna.
Wat jy kry
- ’n Ontwerp vir jóú besigheid, nie ’n hergebruikte templaat nie
- Selfoon-eerste uitleg, getoets op regte fone
- Vinnige bladsye, want stadige werwe verloor besoekers en posisie op Google
- SEO-gereed van die begin af: titels, opskrifte, spoed en Google-vriendelike struktuur
- WhatsApp-, bel- en kwotasieknoppies waar jou kliënte dit soek
- Teks in Afrikaans, Engels of albei, geskryf sodat dit soos jy klink
- Hosting, domeinname en opdaterings, as jy wil hê ek moet dit hanteer
Hoe ’n projek werk
- Eerste gesprek. Ons gesels oor jou besigheid, jou kliënte en wat die werf moet doen.
- Ontwerp. Jy kry ’n regte ontwerp om op te reageer, en ons skaaf saam daaraan voordat daar gebou word.
- Bou. Die goedgekeurde ontwerp word ’n vinnige werf wat op elke skerm werk.
- Aanlyn en verder. Die werf gaan aanlyn, jou SEO en sosiale media skop in, en ek bly beskikbaar vir veranderinge.
Afrikaanse werwe wat ek gebou het
HartiesFM, ’n Afrikaanse aanlyn radiostasie in Hartbeespoort, en SakeHartklop, ’n Afrikaanse besigheidsgids vir die stasie se luisteraars, is albei aanlyn. Gaan kyk gerus hoe hulle lyk en werk.
Vrae
Hoe lank neem ’n webwerf?
Die meeste projekte gaan binne twee weke van begin tot aanlyn. Groter aanlyn winkels en pasgemaakte stelsels neem langer, en jy kry ’n tydlyn voordat ons begin.
Wat kos ’n webwerf?
Dit hang af van hoeveel bladsye en watter funksies jy nodig het. Stuur ’n WhatsApp met wat jy soek en jy kry binne ’n dag ’n kwotasie.
Kan ek self die werf opdateer?
Ja. Met ’n WordPress-werf kan jy self teks, foto’s en produkte verander. As jy liewer nie wil nie, doen ek dit vir jou.
Werk jy net met besighede in Centurion?
Nee. Ek is in Centurion, maar werk met besighede regoor Suid-Afrika, meestal oor WhatsApp, die foon en video-oproepe.
Kom ons bou iets.
Stuur ’n WhatsApp met wat jy nodig het. Ek antwoord binne ’n dag met die volgende stappe.
WhatsApp Michael Of e-pos michael@mjdesigns.co.za

